’n Opgewonde Pierre Spies het Maandagaand foto's in die sosiale media gedeel van sy pasgebore klein Avah met die woorde: "Avah Jean Spies 3.22 gesond en sterk! Dit gaan goed met Juanné! Dankie Jesus!"

Pierre Spies en sy eerste dogtertjie, Avah. Foto: Instagram

"My prinses," skryf die rugby-legende by nog ’n foto.

Klein Avah is Maandag gebore. Foto: Instagram

En dit lyk of die boeties reeds gaande is oor die kleinding!

Judah by sy sussie Avah. Foto: Instagram

Klein Pierre by sy sussie, Avah. Foto: Instagram

Pierre het in Augustus verlede jaar op Instagram geskryf dat hy hoop hul volgende baba ’n dogtertjie sal wees. En kyk nou!

Baie geluk, julle!

Save