Durban loop veral erg deur onder vloede en motoriste word deurentyd vermaan om uiters versigtig op pad te wees.

Volgens wat berig word is talle paaie gesluit en die verkeer in die Durbanse middestad kruie voort teen ’n slakkepas. KwaZulu-Natal se rampdienste is op bystand. Meer reën en sneeu word verwag.