’n Man van Kentucky in Amerika het derdegraadse brandwonde op sy bene opgedoen en is in die hospitaal opgeneem nadat sy e-sigaret in sy broeksak ontplof het.

Veiligheidskameras het dié dramatiese toneel vasgelê net toe die man se broek in vlamme uitgebars het waar hy by ’n vulstasie se winkeltoonbank gestaan het.

Lees ook: E-sigarette moontlik meer skadelik vir jou ongebore baba as gewone tabak

Die man, Josh Hamilton, stap in die video na die toonbank en mik met sy hand na sy sak. Oomblikke later spat vonke van sy broek en dan sien jy net vlamme. WAARSKUWING: Beeldmateriaal kan ontstellend wees.

Bronne: mashable.com, msn.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Verkeerspolisie ry doelbewus rondloperhond dood sodat ‘dit nie ly nie’

Eina! Rokers, drinkers trek swaar onder Jan Taks

Hardewareprobleme pootjie Telkom-gebruikers wat lugtyd wil herlaai

‘Gee my die kind’ – vrou getuig dramaties hoe Zephany Nurse se grootmaakma ook haar kind wou ‘steel’