’n Vrou van Newlands in Durban het met ’n skok wakker geword toe sy agterkom sy deel haar bed met ’n glibberige bedmaat.

Die slangvanger, Jason Arnold, het op Universal Reptiles se Facebook-blad die video gedeel waar hy die swartmamba uit die vrou se slaapkamer gevis het.

Volgens Jason het die vrou hom Dinsdagoggend histeriese gebel.

“Ek het gedink dit sou ’n gewone huisslang wees, maar toe vind ek uit dit is een van Suid-Afrika se dodelikste slange,” sê hy.

Toe Jason op die toneel kom het Satan se kind homself tuisgemaak op die vrou se bed se kopstuk.

Jason het dit lag-lag reggekry om die ongewenste gas met sy toerusting te verwyder.