Sondagmiddag het dit behoorlik gegons toe dit bekend word dat uitsonderlik hoë golwe oor Durban se Goue Myl-promenade gespoel het.

Dit het daartoe gelei dat die gewilde strand gesluit verklaar is.

Hoewel daar geen lewensverlies gely is nie, het die golwe wel skade aan besighede aangerig. Die water het tot binne-in ’n restaurant gespoel en paniek gesaai onder personeel en restaurantgangers.

Yaseen Amod, een van die direkteure van Mochachos, het luidens berigte dit as ’n vernietigende slag beskryf.

Hy sê al hul toerusting is onderwater en hulle sal van vooraf moet beplan en begin. Intussen word voorspel dat die hooggety langs die ooskus sal voortduur.

  Yaseen meen die skade aan die besigheid kan sowat R2,5 miljoen beloop. “Daar’s niks wat weer gebruik kan word nie.”