Vandag is Swart Vrydag.

Die dag waar duisende mense regoor die land hulle gewone werksdag verruil om deel te neem aan optogte en massabyeenkomste om hul ongelukkigheid uit te spreek teen die land se president, Jacob Zuma.

Hierdie optogte word deur verskeie politieke partye gereël.

IN JOHANNESBURG:

(Joanie Bergh berig)

Duisende mense, geklee in swart hemde, het reeds vroegoggend langs die paaie in Randburg gestaan.

optogfoto-deon

'n Huisgenoot-leser wat ook deelneem aan die protes, Annie Olivier, het die foto hierbo gedeel.

Suid-Afrikaners troef ook Vrydag in die Randburg/Honeydew-omgewing die reën om hul misnoeë oor pres. Jacob Zuma in die sogenaamde #PeoplesMarch te kenne te gee.

 

[caption id="attachment_167596" align="alignnone" width="600"]Mense ruk op langs die N1 Suid in die Randburg/Honeydew-omgewing. Foto: Annie Olivier Mense ruk op langs die N1 Suid in die Randburg/Honeydew-omgewing. Foto: Annie Olivier[/caption]

HIER IS DIE LYS VAN PLEKKE WAAR MENSE VANDAG PROTES LEWER

[caption id="attachment_167598" align="alignnone" width="600"]Suid-Afrikaners kom byeen in die Randburg/Honeydew-omgewing. Foto: Annie Olivier Suid-Afrikaners kom byeen in die Randburg/Honeydew-omgewing. Foto: Annie Olivier[/caption]

[caption id="attachment_167645" align="alignnone" width="601"]Genoeg is genoeg! Foto: Verskaf Genoeg is genoeg! 'n Toneel in Randburg. Foto: Verskaf[/caption]

[caption id="attachment_167647" align="alignnone" width="601"]Benno Coetzee (10) lewer ook protes in Randburg. Foto: Verskaf Benno Coetzee (10) lewer ook protes in Randburg. Foto: Verskaf [/caption]
IN KAAPSTAD: (Charlea Sieberhagen en Gys Visser berig) ’n Groep mense het Vrydagoggend met Suid-Afrikaanse vlae en plakkate in Adderleystraat in die Kaapse middestad begin saamdrom as deel van protesaksie teen pres. Jacob Zuma.
"Boo-Ma" het een van die betogers se plakkate gelees. Hy het later voor die lot mense gaan staan en soos ’n atletiek-dirigent begins skree "Boo-Ma! Boo-Ma-Ma!" "Zuma moet val. Af met Zuma, Af met Zuma," het een van die betogers hard geskree. Daar sal na verwagting 'n menseketting in die stad gevorm gaan word voor die optog na die parlement nie. Dié optog gaan omstreeks 12:00 by Keizergracht begin.
Die stad se strate was ook aansienlik stiller as op ’n gewone Vrydag. Motors wat verby die betogers voor die slawemuseum gery het, het getoet en gewaai waarna die betogers hande geklap en gejuig het. ’n Klein groepie mense het ook later begin sing en dans.

? Neem jy vandag deel aan die optog? Stuur jou foto's en video's hiervan by web@huisgenoot.com.