Sy was net 7 jaar oud toe sy fliekgangers se hart steel met haar spel in die klassieke rolprent E.T.: The Extra-Terrestrial. Drew Barrymore het rolle vertolk in ander lokettreffers en dit het van haar een van die suksesvolste kindersterre gemaak.

En sy het die foto’s om dit te bewys.

Die 41-jarige ma van twee het Instagram ingespan om foto’s uit haar kinderjare te deel.

“Haai nee! Kyk wat het ek nou net ontdek! @rashidajones en @kidadajonesog en @Quincydjones Haai nee, en E.T. Ek vind vandag allerhande skatte! #oldstorageunitday, was die byskrif by een van die terugskouings met Rashida Jones, die ster van Parks and Recreation, haar suster, die aktrise Kidada Jones en hul pa, Quincy Jones.

Quincy, ’n legendariese platevervaardiger, het die klankbaanalbum van E.T: The Extra-Terrestial, wat deur Michael Jackson vertel is, vervaardig.

Ten spyte van haar roem as kind, het Drew onthul sy is vasbeslote om nie haar twee dogters toe te laat om kindersterre te word nie.

“Ek sal hulle nooit toelaat om kinderaktrises te word nie,” het sy aan die Amerikaanse uitgawe van die tydskrif Good Housekeeping gesê, en bygevoeg dat sy ’n streng ma is. “Hulle sal ’n kuisheidsgordel en ’n opsporingstelsel hê en geen selfoon nie en ons sal in die middel van nêrens bly.”

At work on Firestarter 1982, North Carolina. #oldstorageunitday A photo posted by Drew Barrymore (@drewbarrymore) on

“Wat ’n prettige dag,” was die byskrif by ’n foto uit ’n ou tydskrif.

“Ek het wonderlike klein vensters van my lewe gesien. Ek is bly ek was so gelukkig as kind en andersom. Ek is lief vir die lewe. Ek is altyd dankbaar. #oldstorageunitday”.

The Barrymore theater 1982 and me! SNL PHOTO SHOOT #Nyc #oldstorageunitday

A photo posted by Drew Barrymore (@drewbarrymore) on

Oh hey Sharon. Oh hey Nineties. #oldstorageunitday

A photo posted by Drew Barrymore (@drewbarrymore) on

Sy het selfs ’n brief wat sy aan ’n penmaat geskryf het toe sy in gr. 2 was, gedeel. Hoe oulik.

#oldstorageunitday #stillfeelthesame A photo posted by Drew Barrymore (@drewbarrymore) on