In beeldmateriaal van die landing is die vliegtuig besig om die Schiphol-lughawe in Amsterdam te nader. Die vliegtuig beweeg van kant tot kant in die lug in donker toestande.

Oomblikke voor die KLM Asia-vliegtuig land, maak dit ’n laaste gevaarlike rol na regs en die punt van sy vlerk is kommerwekkend na aan die grond.

Gelukkig vir almal aanboord lyk dit of die vliegtuig stabiliseer wanneer die bande die aanloopbaan tref en die landing gaan voort soos normaal.

Die greep het al bykans ’n miljoen trefslae gekry in minder as ’n dag sedert dit op YouTube gelaai is.