Luidens berigte is reeds minstens vier huise in Elandskraal naby Sedgefield deur die brand vernietig.

Volgens eNCA is die inwoners van Springveld, net buite Knysna, ontruim.

Verkeer op die N2 is erg ontwrig. Stefan Goosen het ’n foto op Twitter gedeel. Hy beskryf die kans om uit Knysna te ry, as nul. Intussen het Traffic SA bekendgemaak die pad is gesluit en dit is hoogs onwaarskynlik is dat dit later vandag weer oopgestel sal word.

Enigiemand wat hulp kan verleen met die ontruiming van perde net voor Blackwaters word versoek om Theri Rossouw by 083-4432-225 te kontak.

Bykomende bron: enca.com