Banhoekvallei-brandafdeling se voorvalbevelvoerder, Jaco Thuynsma, sê die vuur was vir die grootste deel van die oggend onder beheer, maar teen 15:00 het die windrigting verander en het dit in verskeie rigtings versprei.
“Een deel (van die vuur) het verder in die Kloofvallei-kant inbeweeg en oor die rivier in die rigting van die Klein Drakenstein-bergreeks versprei,” sê hy. “Die vuur sal vir etlike dae brand omdat dit ’n massiewe area is. Die vuur sal woed tot ons die reën kry wat ons Dinsdag verwag.”
Jaco sê die vuur het ook naby aan die Helshoogte-pas beweeg. “Die winde het verander en dit beweeg tot op die bergrug. Dit veroorsaak ’n nuwe reeks dilemmas vir die aand. Ons beplan waar om mense te plaas en ook noodleningspanne vir môre.”
“Geen eiendoms- of lewensverliese is by my aangemeld nie, maar enigiets kan met dié wind deur die loop van die nag gebeur.”

Smokey summers #wildfires #burningmountain #smoke #hike #summer #jonkershoek #stellenbosch

A photo posted by ? (@rochellenel) on

Bron: News24