[caption id="attachment_152335" align="alignnone" width="600"]img_7228 Foto: Martin de Kock[/caption] Martin de Kock, ’n Huisgenoot-fotograaf, het dié foto's en video gestuur van die brande wat Vrydag gewoed het op die pad tussen Beaufort-Wes en De Rust sowel as tussen Oudtshoorn en Mosselbaai.  

“Sover ek ry lyk dit of daar oral brande uitbreek in die berg. Van die eerstes wat gesien het was in Meiringspoort en toe die Robinsonpas op pad na George,” sê hy.

[caption id="attachment_152332" align="alignnone" width="600"]img_7222 Foto: Martin de Kock[/caption] Volgens Martin is daar ook plase wat besig is om te brand in die Ruiterbos-omgewing naby Mosselbaai. Meiringspoort is intussen vir verkeer gesluit.  

Decadian Botha van Mosselbaai se brandweer sê hulle staan bont met al die veldbrande, maar, voeg hy by, die brande by Brandwacht en Ruiterbos geniet tans voorrang.

[caption id="attachment_152333" align="alignnone" width="600"]img_7223 Foto: Martin de Kock[/caption]

“Beide is tot rooi gebiede verklaar en al ons mense is tans daar.”