Dawson is in Mei verlede jaar met aangebore sitomegalovirus gebore – wat beteken dat hy in sy kort lewe byna geen gehoor in sy ore gehad het nie.

Die kleinding het ’n ernstige gebrek aan gehoor albei ore gehad.

Maar dit het alles verander toe hy in Februarie ’n lewensveranderede gehoortoestel kry.

Hy het kogleêre inplantings gekry, wat die funksie van sy beskadigde binneoor oorneem om hom te help hoor.

In die video speel klein Dawson eers met ’n klein marimba, maar bars toe in trane uit toe hy sy ma, Jessica, vir die eerste keer hoor hallo sê.

Volgens Daily Mail is dit ’n groot stap vir Dawson, sê Jessica.

“Voor die inplantings het ons nie gedink Dawson sal ooit kan praat nie, maar nou lyk sy toekoms heelwat anders.

“Nadat ons die toestel die eerste keer aangesit het, het hy omtrent vyf minute gehuil, maar dit pla hom glad nie meer nie,” vertel Jessica.

Kyk die video hier:

Bronne: Dailymail.co.uk, Metro.co.uk, Thesun.co.uk.