’n Mercedes Benz C220 wat in Suid-Afrika gekaap is, is in die Limpoporivier gevind.

Foto: SAPD

Die arme donkies wat deur die verdagtes ingespan is, was net nie sterk genoeg om die vuurwa met genoeg woema deur die dik sand te trek nie.

Foto: SAPD

Die polisie het daarin geslaag om die onwettige “uitvoer” te verhoed. Die verdagtes het egter daarin geslaag om die bosse in te vlug.

Dit word verder ondersoek.