Mense praat graag oor trane van blydskap, maar dié oulike video gee nuwe betekenis aan die uitdrukking.

Die blonde dogtertjie in die video kan nie haar oë glo wanneer sy by haar kamer instap en die swart katjie kry wat haar ma vir haar gekoop het nie. Sy het haar kat, Simon, vroeër die jaar aan die dood afgestaan.

“Kan ons dit hou?” vra sy tussen die trane deur.

“Ja,” sê haar ma beslis.

“Is jy gelukkig?” vra haar ma later. “Ja, Mamma. Ja ek is. Ek is Mamma, ek is. Dankie, Mamma. Dankie. Dankie. Ek is lief vir hom. Ek is lief vir hom.”

Die dogtertjie se onverbloemde vreugde terwyl haar trane loop, sal jou hart vermurwe.