Logika voorspel dat wanneer ’n slang en ’n spinnekop mekaar die stryd aansê, die slang lag-lag as die oorwinnaar uit die stryd gaan tree.

Die spinnekop waarna hier verwys word is vermoedelik die berugte en dodelike Australiese rooirug-spinnekop – algemeen bekend as Redbacks. Hoe dit ook al sy, hierdie spinnekop is nie sommer enigeen se speelmaat nie. Veral nie as dit boonop honger is nie.

Jeff en Judy Simmons van Elmore in die staat Victoria kon hul oë nie glo toe hulle ’n tydjie gelede hul stoorkamer binnegaan het nie. Vasgevang in die dodelike web was een van die giftigste slange ter wêreld: ’n Oosterse bruinslang wat saam net die agtpotige op Australië se top-tien dodelikse kreature gereken word.

Lees ook: Ontmoet Pandora, die spesiale tarantula

Die slang was ’n feesmaal vir die spinnekop wat selfs die volgende dag nog daaraan geknibbel het.

Terloops, dit is nie die eerste keer dat ’n slang in ’n spinneweb vasgevang word en die onderspit delf nie.

Sou jy kon glo dat ’n slang ook die prooi van die doodgewone langbeenspinnekop wou wees? ?

Skielik lyk ons Groot Vyf aansienlik ‘makker’ . . .

Bronne: mailonline.co.uk,thesun.co.uk, smh.com.au

Ook op Huisgenoot.com

Man steek petroltenk aan brand toe hy spinnekop gewaar

Kyk waar kruip die spinnekop en haar woelige kroos weg

Video: Man ontdek lewendige spinnekop in sy oor ná ’n oorinfeksie