Sy was eens ’n fikse bikini-model wat trots was op hoe sterk en atleties haar lyf is. Maar toe kom kanker en verander die lewe van Cheyann Shaw (23) van Seattle, Amerika in ’n oogwink.

Nadat aggressiewe kanker in haar eierstokke net meer as ’n jaar gelede by haar gediagnoseer is, het sy haar stryd met die siekte op Instagram begin dokumenteer en skryf sy dit het haar geloof sterker gemaak.  

A photo posted by Cheyann Shaw (@cheymarie_fit) on

“My lewe is nie waar ek verwag het dit gaan wees nie, maar ek is dankbaar vir waar ek is. Ek glo opreg dat God ’n plan het vir my en ek glo ek kan ander inspireer en help,” skryf sy by een foto wat die skokkende effek van die kanker op haar lyf wys.

Voor sy siek geword het, het Cheyann sowat 59 kg geweeg en was sy sterk en gesond, maar haar gewig het tot 47 kg gedaal weens die kanker.  

A photo posted by Cheyann Shaw (@cheymarie_fit) on

“Ek het alles verloor en kanker het baie by my gevat. Die liggaam waarvoor ek twee jaar lank baie hard gewerk het, my vermoë om my eie kind te hê en te dra, my hare en soveel meer.

“Maar een ding wat dit beslis nie gaan wegvat nie, is my wilskrag en my geloof.”

Haar inskrywings het internetgebruikers geroer en talle prys haar vir haar geloof, positiewe houding en die bewusmaking wat sy skep.  

A photo posted by Cheyann Shaw (@cheymarie_fit) on

Hoewel die kanker sedertdien ook na haar kolon versprei het, sê Cheyann sy gaan moed hou dat sy dit ook sal oorwin.

“Ek bly positief en glo alles sal uitwerk soos dit moet en dat die Here nooit ophou werk nie.”