Op 13 Februarie het die Philadelphia-danssentrum dié uitnodiging aan hul studente se pa’s gerig: “Trek gemaklik aan en bring baie water saam.”

Wat hulle nie op die uitnodiging gesê het nie, was dat die pa’s al hul inhibisies tuis moes los en fyntjies op hul tone sou moes dans – nes hul klein prima ballerinas. O ja, is genoem die pa’s sou ook balletrompies moes dra?

Selfs met die beste wil ter wêreld kan nie enige van die pa’s se passies as elegant of selfs ’n poging tot elegant bestempel word nie.

Daar word getrippel, voet gesleep, gehuppel en in gevalle desperate pogings tot gekoördineerde bewegings aangewend. Vergeefs.

Aan die einde van die dag het dit net mooi niks verander aan die feit dat dié balletklas gewis een van die vrolikste, meelewendste en prettigste klasse nog was nie.

Oordeel self!