Dit het al keer op keer met ons almal gebeur: jy ry doodluiters ’n parkeerarea binne net om te sien een of ander stommerik het soos ’n gek oor twee parkeerplekke gestop.

Een persoon van China het op die harde manier geleer dat slegte parkering beslis nadelige gevolge kan inhou. In ’n foto, wat op Reddit gelaai is, kan gesien word hoe dié bestuurder se silwer motor bo-oor twee parkeerplekke geparkeer staan.

[caption id="attachment_140179" align="alignnone" width="598"]Dié stommerik sal nie sommer weer so parkeer nie. Foto: Reddit Dié stommerik sal nie sommer weer so parkeer nie. Foto: Reddit[/caption]

Dis toe dat ’n rits toerbusse besluit het basta met jou meneer, ons parkeer jou vas!

Hopelik het die bestuurder ’n baie waardevolle les oor parkeeretiket geleer toe hy eindelik weer terug by sy motor kom. Ons is wel nie seker of die busbestuurders hom ooit toegelaat het om die parkeerarea te verlaat nie.

Die inskrywing by die foto het heel gepas gelui: 'Mooi gedoen en beslis verdiend'.