In ’n hartverskeurende pleidooi om oorlewing het ’n groepie kinders van ’n kinderhuis in die oorloggeteisterde Siriese stad Aleppo ’n boodskap in die video hieronder aan die wêreld gestuur. Die kinderhuis het twee jaar gelede tot stand gekom en van sy aanvanklike 10 inwonertjies, gegroei tot 47 kinders wat deur die voortdurende bombardering van die stad wees gelaat is.