Sowat van dieremishandeling kan jy jou skaars verbeel. Die Safari World-dieretuin in Bangkok, Thailand, dwing oerangoetangs om teen mekaar te boks.

En dit nogal in Muay Thai-kostuums. Muay Thai is ’n gewilde gevegsport in Thailand.

[caption id="attachment_163619" align="alignnone" width="600"]Foto: Youtube/ Thailand Highlight trv Foto: Youtube/ Thailand Highlight trv[/caption]

Boonop word vroulike oerangoetangs in rompies gebruik om die volgende ronde van die geveg aan te dui.

Verskeie dieregte-organisasies het kommentaar gelewer hierop.

“Dit is skokkend dat sulke wrede mishandeling steeds voorkom en dat diere uitgebuit word ten koste van die sogenaamde vermaak van toeriste,” sê Philip Mansbridge, Britse direkteur van die Internasionale Fonds vir Dierebeskerming aan Metro.

“Oerangoetangs is hoogs intelligente en sensitiewe diere wat 97% van hul DNS met die mens deel. Hulle hoort nie in ’n bokskryt waar hulle aangetrek word en gedwing word om te boks nie,” sê Philip.

[caption id="attachment_163621" align="alignnone" width="600"]Foto: Youtube/ Twilight Highlight trv Foto: Youtube/ Twilight Highlight trv[/caption]

Elisa Allen van Peta (Mense vir die Etiese Behandeling van Diere) in Brittanje stem saam.

“Wanneer jy hierdie diere ongemaklike en stresvolle toertjies sien uithaal, kan jy maar weet hulle doen dit nie omdat hulle wil nie – hulle doen dit omdat hulle dikwels onderwerp word aan elektriese skokke, gebrand word met sigarette en geslaan word as hulle nie gehoorsaam is nie.”

“Oerangoetangs is boomdiere. Om dus heeltyd so op hul geboë voete te staan is moeilik genoeg,” sê Elisa.

Kyk hier na die video:

Bronne: Metro.co.uk, Dailymail.co.uk.