Hierdie Japannese paartjie, in hul 37ste jaar van huweliksvreugde, sal beslis so sê!

Die tweetjies, onberispelik uitgevat, dra elke liewe dag bypassende klere en dokumenteer hul gekoördineerde voorkoms op Instagram. En so het hulle binne enkele maande tienduisende volgelinge opgestapel.

Hul titel op Instagram, @bonpon511, is ’n kombinasie van hul name en hul troudatum – hoe oulik! Daar is nie veel meer bekend oor die paartjie met hul silwer hare nie, behalwe dat hulle in 1980 getroud is en ’n voorliefde vir die seemansvoorkoms het!

Maar ernstig nou – #verhoudingsdoelwitte, nie waar nie? Hier is vyf van ons geliefkoosde @bonpon511-voorkomste:

5.

Vertaling van byskrif: Saam in blokruitstof.

Hierdie tweetjies kan dalk net die ruitstofpatroon in die mode terugbring!

4.

Vertaling van die byskrif: Trek jou baadjie uit. Bon se gebreide baadjie en Pon se knooptrui is albei van UNIQLO.

Net soos die meeste jong modeslawe op Instagram, vertel hulle ook vir ons waar hulle hul unieke klere koop. Dankie, @bonpon511!

3.

Vertaling van byskrif: Bon se baadjie en Pon se broek is saam gekoop. Die bloedrooi Prius is ons gunstelingmotor. Die Figaro is my dogter se gunstelingmotor.

Een van hul volgelinge het haar maat na die plasing verwys en bygeskryf: “Dit kon net sowel ons gewees het.”

2.

Vertaling van byskrif: Gelukkige Nuwejaar ? Dankie ook vir vanjaar ?? van ons voordeur af.

Ingeval julle dalk gewonder het: Dis hoe hulle 2017 ingegaan het: foutloos.

1.

Vertaling van byskrif: Rooi vir ’n bietjie kleur.

Glo julle dat paartjies wat eenders aantrek, langer bymekaar bly? Vertel vir ons en stuur vir ons ’n foto van jou en jou maat in eenderse uitrustings na web@huisgenoot.com, en dalk verskyn julle op ons sosialemediabladsye.

Bron: Instagram