Tot waar die bejaarde vrou van Florida in Amerika na ’n onlangse operasie, wat niks met haar sig uit te waai het nie, eensklaps dié versoek aan iemand rig: “Dame, jy met al daardie pers aan jou, kom hier, gee my iets vir die pyn.”

’n Verstomde familielid kon haar ore nie glo toe sy die woorde uit Mary se mond hoor kom nie. Want Mary was die afgelope 21 jaar blind.

Lees ook: ‘Die dag toe die dokter nie my ander baba kon vind nie,’ vertel pa van tweeling

Wat het tot hierdie wonderwerk gelei? Mary moes ’n rugoperasie ondergaan nadat sy in haar huis geval het. Die voorval het haar met erge nek- en armpyn gelaat. Sy het ingestem tot ’n rugoperasie omdat dit al uitweg was om die pyn te verlig.

Jy kan jou haar verstomming indink toe sy nie net van die ellendige pyn ontslae was na die operasie nie, maar ook skielik besef het sy kan weer sien! Alhoewel die dokters stomgeslaan is hierdeur, het hulle ’n teorie oor wat Mary se sig weer laat terugkeer het.

John Afshar, ’n neurochirurg, vermoed haar blindheid was heel moontlik te wyte aan ’n kinkel in ’n aar as gevolg van die motorongeluk in 1995.

Lees ook: Vreugde, moed en eindelik trane – alles binne ’n lewe van net ’n paar uur

“Toe ons die operasie op haar uitgevoer het, het ons waarskynlik onwetend die kinkel uitsorteer wat die bloedvloei herstel het en so tot die herwinning van haar sig gelei het.”

Maar wat nog vreemder is, is dat Mary voor haar ongeluk kleurblind was. Na die operasie kan sy die volle spektrum van kleur sien en geniet. Haar sin vir humor is ook geheel en al herstel. “Sjoe, jy is so aantreklik,” het sy met een van die dokters geskerts.

Mary is veral opgewonde dat sy weer die son deur die bome kan sien skyn. “Dit is so wonderlik,” het sy uit haar hospitaalbed gesê. “Ek is die gelukkigste vrou in die hele wye wêreld”.

Waarna sien Mary die meeste uit? Om haar hele familie weer te sien, veral haar dogter.

Bronne: telegraph.co.uk, abc7news.com, nnt24.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Vriende gebruik oorlede vriend se as as aas – en vang ’n wenner Eina! Ma breek eie dogter se been meer as 300 keer om te keer dat dit afgesit word Soete weerwraak van verkulde geliefde: ‘Hoop sy was dit werd!’ Dié broer en suster gaan nooit weer kan slaap weens ’n seldsame en ongeneesbare breinsiekte