Sy is die oudste kind van Diana se broer graaf Charles Spencer.

Kitty is deel graag foto’s van haar glanslewe op Instagram.

Of sy nou haar kurwes vertoon of die wêreld plat reis na eksotiese bestemmings, ons kan nie genoeg kry van dié selfiekoningin op sosiale media nie.

Kitty en haar ewe beeldskone tweelingsusters, lady Eliza en Amelia (23), laat omtrent die koppe draai waar ook al hulle gaan.

Lees ook: Jy sal nie glo hoe mooie Rolene Strauss haar 24ste verjaardag moes begin nie!

Die susters en hul broer, Louis (22), wat sy pa se titel gaan erf, het in die Kaapse spogbuurt Constantia grootgeword by hul ma, die oudmodel Victoria Lockwood. Hul ouers is in 1997 geskei.

Kitty woon deesdae in Fulham in die suidweste van Londen en het ’n lewe wat menige groen van jaloesie sal maak.

Sy span gereeld uit by haar pa op die landgoed Althorp, verskyn in glanstydskrifte soos Tatler en pryk in die een ontwerperuitrusting ná die ander – Ralph Lauren, Dior, noem maar op!

Daar word juis gefluister oor almal vir wie sy so dankie sê vir uitrustings, grimering, hare en dies meer wanneer sy foto’s van onder meer haar modieuse tabberds op Instagram deel. Ons wonder wat haar neef prins William se vrou, Kate, daarvan sê.

Tog moet Kitty nie onderskat word nie. Dié oudleerder van Reddam House het sielkunde, politiek en Engels aan die Universiteit van Kaapstad geswot en daarna by Regent-universiteit in Londen ’n meestersgraad in luuksehandelsmerk-bestuur gedoen.

Kitty, of “T**s” soos haar suster, Amelia haar noem, het al modelwerk gedoen en is ’n ambassadeur vir die liefdadigheidsorganisasie Give Us Time, wat vakansies vir weermaggesinne reël, maar om te reis is duidelik haar eerste liefde.

Lees ook: Ontmoet al die koninklike kleinkinders op die foto wat vir die koningin 90ste verjaardag geneem is

Verlede jaar was sy in sewe plekke – insluitend Ibiza, St. Tropez en Milaan – en net vanjaar alleen het sy al in Parys, Praag en Milaan uitgespan. Wel, sy hoef mos nie juis te werk nie. Die Spencers se fortuin staan glo op £100 miljoen.

Kitty en haar sibbes is dik pelle met die Britse koninklikes.

Prins Harry kuier gereeld by sy tweeling-niggies wanneer hy in die Kaap is en William en Kate was by sy neef Louis se 21ste verjaardagpartytjie by Althorp.

Kate was toe hoogswanger met hul tweede kind, prinses Charlotte. Amelia het juis so amper nie William se troue in 2011 bygewoon nie. Tydens ’n laataand-onderonsie in ’n McDonald’s-oprit in Kaapstad het sy glo ’n man op krukke geskop. Die klag is teen haar laat vaar. Praat van ’n interessante spulletjie! Hier is wat ons van Kitty en kie geleer het op Instagram . . . & Eliza en Matthew Rozowsky het die wêreld rondgerits - van St. Tropez tot Thailand – maar het glo onlangs ná vyf jaar saam uitgemaak.

A photo posted by Matthew Rozowsky (@mattrozo16) on

A photo posted by Matthew Rozowsky (@mattrozo16) on

Amelia se kêrel van ses jaar, Greg “Grizzle” Mallett, ’n waterpolo-afrigter en branderplankryer, het al voorheen by Althorp uitgespan.

A photo posted by Greg Mallett (@gregmallett) on

A photo posted by Greg Mallett (@gregmallett) on

Kitty is duidelik versot op die Moederstad. Sy was onlangs in die Kaap en kon nie genoeg selfies deel van haar tyd hier nie.

A photo posted by Kitty Spencer (@kitty.spencer) on

Kitty is ’n katliefhebber.
En sy hou van lyf wys. Hier span sy uit by Boulder’s Beach in die Kaap.

A photo posted by Kitty Spencer (@kitty.spencer) on

Kitty en haar Italiaanse kêrel, Niccolò Barattieri di San Pietro, reis die wêreld vol. Hulle was al in onder meer Parys en Praag.

A photo posted by Kitty Spencer (@kitty.spencer) on

A photo posted by Kitty Spencer (@kitty.spencer) on

A photo posted by Kitty Spencer (@kitty.spencer) on

Haar ma, die oudmodel Victoria Lockwood, was op haar dag die gesig van Ralph Lauren en Kitty is duidelik net so versot op dié modereeks.

A photo posted by Kitty Spencer (@kitty.spencer) on

En watter meisie sal nou nie in Dior wil pryk nie?

A photo posted by Kitty Spencer (@kitty.spencer) on

Kitty is duidelik mal oor die televisiereeks Game of Thrones. Hier is sy saam met Gwendoline Christie, wat Brienne speel.

A photo posted by Kitty Spencer (@kitty.spencer) on

En Downton Abbey . . . Sy het al kiekies van haar en die akteurs Jim Carter, wat die butler Mr. Carson speel, en Allen Leech (Tom Branson) gedeel.

A photo posted by Kitty Spencer (@kitty.spencer) on

Kitty en haar broer, Louis, is duidelik versot op rap. Die twee het al selfies gedeel saam met die Amerikaanse rapper Nicki Minaj. Kitty het selfs Nicki haar broer se “toekomstige vrou” genoem!

A photo posted by Kitty Spencer (@kitty.spencer) on

A photo posted by Kitty Spencer (@kitty.spencer) on

BRONNE: DAILYMAIL.CO.UK, INSTAGRAM

Ander stories op Huisgenoot.com:

Aitsa! Kyk net wie’s terug in Baywatch (oukei, in die fliek)

‘Haar dood kom as ’n groot skok,’ sê Helen Zille ná bekende politikus sterf

Charlize Theron maak haar stem dik oor gelyke betaling in die bedryf

Eksklusief: Eerste voorsmakie van gewilde Jay en Lianie se prettige nuwe musiekvideo

Vreugde, moed en eindelik trane – alles binne ’n lewe van net ’n paar uur