Terloops, as jy aan hoogtevrees ly, moet jy vooraf besef dat die toertjies wat die Russiese waaghals Oleg Sherstyachenko jou in alle waarskynlikheid tot histerie gaan dryf.

Die 25-jarige adrenalienslaaf van Siberië beskryf sy lewe as soortgelyk aan ’n fliek.

Geen gebou is té hoog, lysies té ver of wind té sterk om hom te keer om een doodsveragtende toertjie na die ander uit te voer nie. Om nie eens te praat van daardie flik-flak op die dak van Doebai se 101 verdieping hoë Princess Tower nie! Hy het hierdie video sowat ’n week gelede op Instagram gedeel. Dis onseker waar dit verfilm is, maar die onbekende bestemming doen geen afbreuk aan die skrikwekkendheid van toertjies sonder enige veiligheidsnette of –ondersteuning nie.

Maar wag, hier’s nog ’n paar van sy toertjies terwyl hy die wêreld deurkruis op soek na die volgende uitdaging.

A post shared by ?a??a ?. (@marayar29) on