Nou het ’n Britse kunstenaar, Melody Cannon, die kuns van kapsels verder gevoer. Die verskil tussen haar kliënte en mense is dat haar kliënte van pure plesierigheid runnik en op galop gaan nadat sy haar skêr weggepak het.

Dis nou voorwaar ’n perd van ’n ander kleur. En praat van spoggerig!

Het jy enigiets te sê?

Net soos enige salon wat sy sout werd is, kan jy ook spesifieke style vir jou getroue ros kies – van ’n borslap-snit (die borskasgedeelte) en ’n jagter-snit (wat soos ’n klein saal lyk) tot ’n vollyf-ervaring (bene uitgesluit).

Dit kan jou van R210 tot R315 uit die saak jaag. Maar vir ’n ware – al is dit net tydelike – kunswerk is dit nie te swaar op jou beursie nie.

Romeo voel sommer pure perd!

Wat wel “duurder” is, is die proses. Die transformasie van ’n blink geroskamde perd tot ’n bewegende, geskilderde doek verg tyd. Romeo se stilering het ure oor ’n tydperk van drie nagte geduur.

Is hierdie dalk my beste kant?

Daar is diegene wat Melody kritiseer vir dié praktyk en dit selfs as “wreed” bestempel. Maar sy verduidelik baie mooi dat die perde rustig tussen die onderskeie sessies gehou word tot die afronding plaasvind.

“Baie mense vra my hoe ons dit regkry dat perde so lank stilstaan. Ek is trots daarop dat ek met perde kan werk sonder om hul enigsins te verdoof. Dis regtig nie moeilik nie as jy vertroue (kan inboesem) en ’n sterk band met die perd smee, en ook jou toerusting baie goed ken.”

Kunstenaar en kunswerk - Melody by Romeo.

Ander was weer besorg oor die skeerdery wat die perde aan koue kan blootstel.

“Die meeste perde word tydens die koue maande geskeer omdat hulle steeds net so hard geoefen word as in die somermaande. Die hare word geskeer om oormatige sweet en klammigheid te verhoed tydens en ná so ’n sessie.

“Perde kry koud wanneer hul vel klam of nat is, selfs al word komberse gebruik,” het ene Jennie Louise die skeerproses op Horse Illustrated se Facebook-blad verduidelik.

Dalk is hierdie perd sommer self sy eie ridder?

Maar hoe gaan Melody te werk om ’n skeertaak in ’n kunswerk te omskep?

“Ek werk met ’n vry hand en skets vorms op papier in die aanloop tot die skeersessie. Wanneer die dag aanbreek, pas ek die sketse op die perd se lyf. Soms moet die sketse vir die perd se lyf aangepas word. Jy gaan nie met hierdie perd lol nie!

Melody besig met een van haar kunswerke terwyl die perd rustig die proses deurloop.

Hoe voel die perde oor die proses?

“Dit was nie pret vir Romeo (die perd) nie; dit was vét pret vir hom. Hy het al die aandag geniet en kon nie genoeg daarvan kry nie.

“Soms het hy sy kop gedraai en my ook ge-‘groom’; hy hou van hoe dit voel. Die meeste perde is gelukkig en tevrede met die proses.”

Terloops, die kunswerk waarmee hy gespog het, het sy “Armour De L’Amore” (Die wapenuitrusting van die liefde) gedoop.

Dis harde werk om mooi te lyk.

— Annelene Oberholzer

Bronne: instagram.com, facebook.com/jmcequestrian, people.cn

Ook op Huisgenoot.com

Hierdie plusgrootte-model het die volmaakte antwoord vir mense wat ander se lyf afkraak

Kyk: Kan jy die versteekte prentjie binne dié rooi kol sien?

Hoeveel weet jy van Jan van Riebeeck?

Kyk: Hidroliese pers vernietig enigiets – van Lego tot selfone en gholfballe

Ouma oorleef wonderbaarlik ná sy deur veiligheidshek se spitspen deurboor word

Tiener gooi balletjie ‘na homself’ in asemrowende optiese illusie