Dié liggaamsbouer, wat tans in Suid-Afrika is, het ’n video op Instagram gedeel van die oomblik toe die olifant op sy voertuig afstorm.

“Ek kon nie hierdie oomblik tydens my safari beter geskryf het as dit vir ’n fliek was nie,” skryf hy by die foto. Lees ook: Arnold Schwarzenegger gaan groot byeenkoms jaarliks na Suid-Afrika bring “Ek’s heeltemal in verwondering van hierdie pragtige, sterk diere, hoewel een van ons hierna ’n ander broek moes aantrek. Ons moet ophou om hulle dood te maak – neem ’n foto pleks dat jy op hulle skiet. “Sou jy liewer die ervaring wou beleef om hierdie diere te sien of met ’n stuk ivoor in jou hand wou sit? Ek het so gedink, ja.”

Die akteur van Terminator-faam het ook gereeld kiekies van sy avonture in Suid-Afrika gedeel. “Wag! Die leeu steel my proteïene,” het hy geskryf by ’n Instagram-foto saam met ’n leeuwyfie.

Wait! This lion is stealing my protein!

A photo posted by Arnold Schwarzenegger (@schwarzenegger) on

“Dit was ’n eer om vandag die tuiste van een van my helde te besoek. Ons moet almal streef daarna om die genade wat (oudpres. Nelson) Mandela getoon het in sy verbintenis tot openbare diens, na te boots.”

Ander stories op Huisgenoot.com

Raaisel om rits skokmoorde op Krugersdorp verdiep

80 honde en katte van kant gemaak nadat DBV se hokruimte opraak

Groot nuus vir sepieliefhebbers

Ma probeer kind se moord verdoesel en beskuldig 7-jarige: ‘Jy het hom doodgemaak’

Kyk: Mense vorm ‘trampolien’ om gesin uit brandende woonstelblok te red

Wêreld se eerste 3D-gedrukte motorfiets lig soos ’n veer