Hy, sowel as sy opponent, ’n vyfjarige meisjietjie staan slaggereed om mekaar die stryd aan te sê – altwee ewe kordaat in hul stoei-uitrustings en kopskerms om die prentjie te voltooi.

Die skeidsregter is byderhand om die twee opponente aan mekaar voor te stel soos die gebruik voor ’n wedstryd is.

Na ‘n formidabele handskud, word die gereedheidsposisie ingeneem. Maar dis net daar waar die blondekoppie se moed hom begewe en hy spore maak. Sy gedetermineerde opponent weier om bes te gee en begin hom jaag.

Tot die toeskouers se groot vermaak hardloop die twee al in die ronde op die stoeimat, Isaiah met ’n aansienlike voorsprong.

In ’n stadium trek die meisietjie haar skouers op terwyl sy probeer om vir Isaiah vas te trek, so asof sy vir die toeskouers wil vra “Nou wat nou?”. Maar sy hardloop voort.

Die skeidsregter kry die twee tot stilstand gedwing deur op sy fluitjie te blaas en hulle na die sirkel terug te roep.

Dis net daar waar die meisietjie daarin slaag om haar wriemelende opponent neer te pen vir ’n oorwinning.

Toe Isaiah se ma, Alexis Salyers, hom na afloop van die stoeigeveg vra hoekom hy weggehardloop het, was sy eerlike antwoord: “Ek weet nie, Mammie. Maar dit was simpel.”

Sy vermoed die verskil in grootte tussen hom en die meisietjie waarskynlik tot sy vlugvoetigheid bygedra het.

  “Hy weet wat om te doen,” sê Alexis. “Hy’t maar net laat gaan en die toeskouers laat uitbars van die lag.”

If you want to see him more. https://youtu.be/e378gt-2sHs #raytothethird #domelliott #goofy #funnykids #wrestling

A post shared by Lexie Timbs (Salyers) (@momthingx3) on

Bron: gma.yahoo.com, Instagram