Hierdie siek sewejarige se dansery het die popsensasie Selena Gomez so beïndruk dat sy haar genooi het na een van konserte om haar nog ’n paar danspassies te leer. “Eindelik het ek hierdie skattebol ontmoet – en sy het (die ontmoeting) met oorgawe aangepak,” skryf Selena op haar Instagram by ’n video van haar en Audrey Nethery. Dié twee het saam lyf geskud. Dit is binne ’n paar dae oor die 9 miljoen keer gekyk en meer as 133 000 kommentare ontlok.

Finally got to meet this sweetheart -she owned it fully

A video posted by Selena Gomez (@selenagomez) on

Selena het vier maande gelede die meisietjie op haar Facebook-blad, Audrey's DBA Photo Booth, gekontak nadat sy haar daar saam met Zumba-dansers in aksie gesien het.

"Audrey, jy is ’n ongelooflike danser. Laat weet my wanneer jy ’n duet-maat nodig het," het die voormalige Disney-ster geskryf. Hulle is sedertdien in kontak en het onlangs hul eerste ontmoeting gereël.

Audrey ly aan ’n seldsame genetiese beenmurgsiekte, Diamond Blackfan anemie. Ongeveer 5 tot 7 miljoen kinders ly wêreldwyd hieraan. Die siekte veroorsaak dat die beenmurg nie rooibloedselle, wat suurstof na die selle vervoer, vervaardig nie. Byna die helfte van hierdie kindertjies het een of ander liggaamlike afwyking – soos ’n abnormale klein koppie, oë wat ver uitmekaar is, oortjies wat laag sit of ’n gesplete lip.

Maar dit kry nie die klein japsnoet onder nie. Sy het reeds meer as 1,3 miljoen volgers op Facebook.

Toe Aubrey en die Love You Like A Song-sanger mekaar vier dae gelede die eerste keer in lewende lywe ontmoet, het dit nie lank geneem voor hulle mekaar die stryd aangesê het in ’n danssessie nie.

"Wonder saam met wie gaan jy volgende dans?" was een van Aubrey se aanhangers se reaksie. ’n Ander een skryf weer op Facebook: “Ek het tot nou toe ’n goor dag gehad. Julle het my dag opgekikker.”

Bronne: ghr.nlm.nih.gov, en.wikipedia.org, huffingtonpost.com, diamondblackfan.org.uk