Die Namibiese supermodel Behati Prinsloo-Levine, wat met die Maroon 5-sanger Adam Levine getroud is, is nie die enigste ‘engel’ wat ma word nie! Die Suid-Afrikaans-gebore supermodel Candice Swanepoel, wat ook bekend is vir haar werk as Victoria Secret-model, het Saterdag op Instagram aangekondig sy is swanger.

Die twee vriendinne is glo baie opgewonde daaroor om saam swanger te wees.

“Candice en Behati is beste vriende en hulle swangerskappe is nie ver uitmekaar nie,” het E! se bron onthul.

“Hulle is albei in die eerste fase van hul swangerskap en is gelukkig om mekaar te hê wat verstaan hoe dit is. Hulle kan nie wag om mammas te wees nie.”

Candice het ’n swart en wit-foto van haar magie met haar en haar verloofde, Hermann Nicoli, se hande wat oormekaar is in dié sosialemedia-platform gedeel.

Candice het die nuus van haar en Hermann se kleinood met die wêreld gedeel in haar delikate kantbroeke en ’n sportbra, terwyl sy op die inskrywing gekryf het oor haar “groot magie”.

Kyk hier na ’n video van Candice en Behati saam:

Bronne: Dailymail.co.uk; Eonline.com'; Hollywoodlife.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Graad 11’s! Hier’s waarom julle vanjaar net so ernstig soos jul matriekjaar moet opneem

Hierdie gewilde video van ’n man wat tamaties agteruit sny, is vreemd strelend

Van Mej. Reëndruppel na Mej. SA: Ons gesels met Ntandoyenkosi Kunene, haar ouers

Kyk: Dale Steyn deel stout selfie!