Die oupa het vir sy bruid, Elinor, ’n spesiale huweliksherdenking gegee nadat hy ’n aandpak aangetrek en met blomme en sjokolade by die hospitaal opgedaag het. Sy kleindogter Reid Russell het die tere oomblik vasgevang en die foto’s op Twitter gedeel.
Elinor, wat al ’n maand in die hospitaal is, het haar man se gebaar waardeer.

“My ouma is in die hospitaal, maar dis hul 57ste huweliksherdenking. Toe daag hy in ’n aandpak op om haar met blomme te verras,” lui die twiet wat al meer as 37 000 keer hertwiet is.

Volgens ABC News het die egpaar ’n maaltyd saam in die hospitaalkamer geniet voor hulle hul gunstelingprogramme, onder meer Jeopardy! en Wheel of Fortune, gekyk het.

Elinor, wat al ’n maand in die hospitaal is, het haar man se gebaar waardeer.

“ ’n Mens raak verveeld in ’n hospitaalbed. Toe hulle inkom, het dit my laat glimlag soos in my jonger dae toe ons gedans het.”

Bronne: abcnews.go.com, dailymail.co.uk, time.com