Bofbalwedstryde is gróót opwinding in Amerika, maar tydens 'n wedstryd tussen die Seattle Mariners en die Texas Rangers het dié spel tweede viool gespeel.

En dit alles danksy 'n dogtertjie genaamd Beatrix Hart, dogter van stemakteur Jake Hart en sy vrou Virginia, wat vir die eerste keer in haar lewe spookasem geproe het.

Die driejarige het feitlik oornag beroemd geword nadat sy deur die stadion se reisende kamera betrap is terwyl sy haar aan die blougekleurde soetigheid verlustig het.

Wel, dit was 'n bietjie meer vermaaklik as bloot net spookasem eet. Die klein juffie het binne sekondes met 'n stewige repertoire van skewebek en 'n paar ander onbeskryflike gesigsuitdrukkings die skare laat skree van die lag. Jake, wat hom deesdae as "die kunstenaar voorheen bekend as Cotton Candy Girl se pa" op Twitter beskryf, sê hy en Beatrix is altwee gek daaroor om gesigte te trek. "Ek het nie genoeg gehad nie," vertel die kleinding. "Ek het nie genoeg spookasem gehad nie." Nou smeek sy glo haar pa vir nóg van daardie suikersoet-verleiding. Ons kan nie help om te wonder of haar tweede ervaring nog meer verrassings gaan oplewer nie.

Terloops, die Seatlle Mariners het hul wedstryd gewen. En diegene wat gedink het Beatrix se soettand gaan later chaos veroorsaak...

Bronne: komonews.com, nbcnewyork.com, cnn.com