Maandag was sneeu hoofsaaklik in KwaZulu-Natal, die Oos- en Wes-Kaap bobaas. Verder na die noorde van die land het verskeie haelbuie mense inderhaas laat skuiling soek. Dinsdag word nog donderstorms en hewige reënbuie verwag, en motoriste word deurentyd gemaan om uiters versigtig te ry. Die gure toestande sal tot minstens Donderdag voortduur. Dinsdagmiddag het ’n tornado het ook Gauteng naby die R21 getref.

Dit was selfs vanaf OR Tambo-lughawe sigbaar.
In Tembisa het dit só gelyk.
Talle is dakloos en sonder heenkome gelaat.

’n Tornado het ook gister vir Magaliesburg getref.

Al is hael nie ’n vreemde verskynsel in die noordweste nie, het hierdie ysige tapyt inwoners van Ventersdorp Maandag verras.

Foto: Deon Snyders Ook Koster het ’n stewige skeut hael gekry. Foto: Facebook (Martie Van Deventer Booysen) Kyk net hoe lê die hael op die motor se voorruit. Ongelooflik.

Vandag het dit Lydenburg en Dullstroom getref.
Hier is nog ’n paar foto’s van die afgelope 24 uur wat jou onmiddellik nog ’n vertroostende beker koffie of dalk ’n romerige warm sjokoladedrankie gaan laat nader trek. Wie het nou al ooit sulke wit koolkoppe gesien?
Hierdie bakkie het byna halfpad onder die water verdwyn.
Kaapstad kruie Dinsdag deur die stormweer voort.
Sake lyk ook bitter sleg in Van Reenenspas met beperkte sig. By ons bure in Lesotho word diep spore in die sneeu getrap.
Die kans is goed dat hierdie bakkie eers net daar gaan bly staan.
In Van Reenenspas het motors ook gister met spierwit dakke gespog.
Reisigers moet beslis voor hul vertrek seker maak alle paaie op hul roete is oop.
Sanipas bied sy eie uitdagings.
Skielik lyk die pad werk toe op Barkly-Oos geheel en al anders.
So het dit gister op Amanzimtoti gelyk.
Voedskade by Isipingo.

KLIK HIER om te sien hoe Durban Maandag daaruit gesien het.