Gereed om haar verskyning te maak! Hierdie meisietjie is duidelik gereed om die wêreld te ontmoet.

In ongelooflike beeldmateriaal wat die gebruiker John Deadman op YouTube gelaai het, word gesien hoe beweeg ’n babameisie in die maag van haar ma wat 39 weke swanger is.

Op die video van ’n minuut en 40 sekondes sit die ma gemaklik op ’n rusbank met grys pajamas aan en haar bababoep ontbloot toe haar maag skielik na links begin beweeg.

Lees ook: Hierdie ma se reaksie op haar dogter se wonderlike nuus is pure plesier!

Die baba begin skop en haar bene uitsteek en draai later haar hele lyf om – en laat bult so haar ma se maag nog verder uit.

Die video het ’n verstommende 5,4 miljoen kykslae op YouTube behaal en baie mense was verwonderd oor die teer oomblik.

“Dit was so wonderlik om te sien, op so baie vlakke dat ek dit steeds verwerk.

Kan jy jou indink hoe ongelooflik dit vir die mens sal wees om ’n video van hulself te sien waar hulle in die maag rondbeweeg? Sjoe! Dankie dat jy dit gedeel het,” het ’n kyker gesê.

Lees ook: ‘Die dag toe die dokter nie my ander baba kon vind nie,’ vertel pa van tweeling

Nog een het bygevoeg: “Dit is letterlik die koelste ding wat ek in my hele lewe gesien het. Dit is so onwerklik om jou baba binne jou te voel beweeg! Maar dit is so ’n seëning!”

Die opname is oorspronklik op 4 Oktober 2015 gedeel, maar het sedertdien baie kykers gelok om die uitsonderlike oomblik te ervaar.

Bronne: YouTube, Mirror, MailOnline

Ander stories op Huisgenoot.com:

Dis dalk die geheim wat sal help dat jou baba vinniger leer praat

Kyk: Beeldskone Elizabeth Hurley rits rond in Afrika en deel foto’s van haar avonture!

Kyk: Bobby bult sy spiere en maak saam sus Karlien ’n verskil in behoeftige kinders se lewe

Man ry 1400 km ver om 15 bakke KFC vir sy vrou op hul vyftiende huweliksherdening te koop!