Dis onduidelik of die klawerbord doelbewus buite geplaas is vir die perd se plesier en of die eienaar daarvan dalk strelende musiek vir die dier daaruit wou optower.

Maar dis nie hoe dit uitgewerk het nie. Die musikale perd tokkel eers die hoë note – voor daardie musikale lippe verder na die middel van die klawerbord verskuif word en passievol musiek gemaak word. Die musikale verwerking word met ’n paar delikate note afgesluit.

Dit is in hierdie stadium onseker of groot platemaatskappy reeds toustaan om die nuweling in hul stal te verwelkom.

Die video is reeds meer as 218 000 keer op Facebook gekyk na dit Dinsdag op dié sosialemediaplatform gedeel is.