Skole, universiteite en talle besighede het in die lig van die verwagte verwoestende storm Woensdag gesluit. 

Maar hoe wild kan dit dan wees? Hier's 'n paar video's en foto's wat die impak van die storm, wat intussen die "moeder van alle storms" genoem word, tot Woensdagoggend gemaak het.

Volgens die Wes-Kaapse provinsiale regering word daar verwag dat hoë deinings van tot 13 m later vandag verwag word. Mense word gewaarsku om strandgebiede te vermy.

Intussen het 'n kragonderbreking daartoe gelei dat vragmotors verbied word om deur die Hugenoot-tonnel wat Paarl met Worcester verbind, te gebruik. Die hoofkragtoevoer na Tulbagh is ook ontwrig.

Volgens EWN is Chapmanspiek-rylaan ook vir verkeer gesluit.

Wydverspreide skade is deur stormsterk wind aangerig. In Lavender Hill is 'n huis se dak afgewaai, bome is ontwortel in Delft op die Kaapse Vlakte asook in Durbanville, Kenilworth en Plattekloof. Ook die Paarl het deurgloop.

KLIK HIER om die storm se vordering regstreeks te volg.