Dié oulike leeuwelpie het gewys selfs die magtigste jagter moet klein begin. Die outjie se poging tot ’n woeste en vreesaanjaende brul het die oulike piepgeluid tot gevolg.

En hoe harder hy probeer om dié wat hom dophou bang te maak met sy gebrul, hoe minder van ’n bedreiging is hy met sy gekef.

Ons wed sy brul gaan eendag omtrent kragtig wees, maar vir eers moet hy maar op sy oulikheid staatmaak.