Wees gewaarborg: Elke keer dat jy agter die kospotte inskuif of iemand iets in ’n kastrol sien roer, gaan dié blonde vrou se kotiljons op die wysie van Kliurka voor jou geestesoog verskyn.

Sy dans met absolute gekke oorgawe terwyl vier kastrolle op die stoof prut. So dan en wan kry sy ’n paar rondomtalies ingepas terwyl energiek uitgeskop word.

Lees ook: Kyk: Onmin lei tot ’n brutale geveg met vurkhysers

Dis onseker of dit die belofte van ’n heerlike ete of die opgewekte musiek is wat haar so inspireer. Maar een ding is wel seker: Kos wat met soveel vreugde berei is, kan net ongelooflik lekker wees.

Nou toe, waarvoor wag jy? Sit jou gunstelingmusiek op, kry die wikkel in die heupe reg, kies koers kombuis toe en dans jou hart en siel uit. Vandag is die dag . . .

Ander stories op Huisgenoot.com:

Die soektog na Madeleine McCann: hoop vlam opnuut op

Oscar Pistorius se wolhaarhondjie: Vertroetel hom wanneer tronkdeur toeklap, vra kenner

Kyk hoe blom die liefde tussen dié beminde Afrikaanse sangerpaartjie

Kyk: Sue Duminy rits die wêreld vol en deel pragfoto’s van haar reise