’n Hond is gewoonlik baie beskermend oor sy eienaar, maar Cyrus voer sy pligte as waghond tot ’n heel nuwe vlak. Die tweejarige Engelse bulhond van Perth in Wes-Australië is besonder beskermend teenoor sy eienaar, Lauren Birney.

Creepin

A photo posted by Cyrus, Beerus & Lou Lou (@cyrusandfriends) on
Die “veroordeelde bekruiper”, soos Lauren hom met deernis noem, sluip gedurig van agter beddens en deure op haar af en hou haar selfs in die stort dop – en sy stip staar laat haar dikwels ’n bietjie ongemaklik voel.

Wake up lolz

A photo posted by Cyrus, Beerus & Lou Lou (@cyrusandfriends) on

“Ek het ’n teorie hy staar gedurig na my en bekruip my omdat hy net daarvan hou om heeltyd te weet waar ek is en wat ek doen,” het Lauren vir Bored Panda gesê. “Soms het ek gee idee hy bekruip my nie tot ek van ’n sitplek af opstaan of in die kamer rondkyk en sien hy staan agter ’n voorwerp met sy kop wat uitsteek en my aanstaar,” het sy gesê.

A photo posted by Cyrus, Beerus & Lou Lou (@cyrusandfriends) on

Op die foto’s wat Lauren op Instagram plaas, skuil Cyrus altyd naby met oë wat agter ’n muur, stortgordyn en kombuisblindings uitsteek.
Terwyl Lauren se ander honde, Beerus en Lou Lou, stilweg hul eie gang gaan, is Cyrus nooit ver weg nie.

Wake up lolz

A photo posted by Cyrus, Beerus & Lou Lou (@cyrusandfriends) on

Maar die bulhond sit darem nie heeldag en koekeloer nie. Hy is ’n lewensredder, want hy skenk bloed vir ander honde. “Hy skenk elke vier maande bloed by die Waves-noodveearts hier in Perth. Hy red ander honde se lewe wat in ’n noodgeval ’n bloedoortapping kort,” sê Lauren trots.

Cyrus donated some blood today at WAVES. He donates every 4 months. I love my big brave creeper

A photo posted by Cyrus, Beerus & Lou Lou (@cyrusandfriends) on

Lauren het nou die Facebook-blad Cyrus & Friends geskep vir aanhangers wat sy avonture wil volg.

“Cyrus is my beste vriend. Ek is lief vir hom. En dit maak my so bly dat hy ander mense ook gelukkig maak,” het sy geskryf.

– Litaletu Zidepa

Bronne: Bored Panda, Mail Online

Ander stories op Huisgenoot.com:

Die Here is groot, sê Hayley se ouers nadat haar toestand verbeter

Bure slaags ná een ander se kietsie in strik vang

Deadpool se Ryan Reynolds en sy mooie vrou, Blake Lively, deel groot nuus

Cruz Beckham volg al singend in ma Victoria se voetspore

Ratse sjimpansee ‘cha-cha’ op kragdrade ná sy ontsnapping