As daar nou één fliek was wat die wêreld om verskeie redes aan’t gons gehad het, was dit Fifty Shades of Grey.

Die fliek, gebaseer op die onbeskrooomde hygroman van E.L. James, het meer as $500 miljoen by die loket wêreldwyd geïn en was tot nou toe Universal Pictures se suksesvolste fliek óóit met ‘n hoë ouderdomsbeperking.

Vroeër vanjaar is die eerste lokprent vir die opvolgfliek, Fifty Shades Darker, uitgereik en binne enkele dae was dit die mees gekykte lokprent ooit op YouTube.

Nou is ’n tweede lokprent uitgereik vir dié stomende fliek waarin die klere van die sexy hoofkarakters nog meer waai.

Valentynsdag kan nou maar aanbreek!