Wat ’n lewe!

Volgens Buzzfeed het Liz, van San Diego in Amerika, haar 12 m lange boot, Swell, amper twee jaar lank gerestoureer.
In 2005 het sy van Kalifornië vertrek met klein Amelia, wat sy aangeneem het toe dié ses maande oud was, as haar onderskipper. Sedertdien het Liz al meer as 18 000 seemyle afgelê langs die weskus van Mexiko en Sentraal-Amerika en na die suidelike Stille Oseaan.

#tbt kitty first mate scans the horizon, taking in the fresh sea breeze... #AmeliatheTropicat

A video posted by Captain Lizzy (@captainlizclark) on

at least we agree on office decor...#tropicat #bookediting #almostfinished!! @patagoniabooks @patagonia_surf

A photo posted by Captain Lizzy (@captainlizclark) on

“Ek slaap op ’n swembadmat onder die sterre,” sê die skipper van haar lewe op die oop see. “Maar ek voel ryk wanneer ek na die naglug opkyk, die vars seelug inasem en elke oggend in die see spring.”
Wanneer hulle op land is, gaan stap die twee graag en verken vreemde terrein. Maar Liz sê Amelia, wat sy ook “Tropicat” noem, is veral lief vir een ding: visvang.
“Op stil aande vang sy vis van ’n branderplank wat aan die kant van Swell vasgemaak is. Dit het ’n liggie wat visse lok,” sê Liz van haar onderskipper.
“Sy het aangepas by ’n lewe omring deur water. Sy moet dikwels uit haar gemaksone tree, maar ek dink sy verstaan nou ek sal haar beskerm en sy sal op die ou end baie pret hê. Sy laat Swell meer soos ’n huis voel.”

Bronne: Buzzfeed, Mashable, The Telegraph

Ander stories op Huisgenoot.com

Die porsiebeheerdieet – die dieet wat werk!

‘Hulle help my deur my donkerste tye’: Jong kwadrupleeg spandeer haar lewe om soos Barbie en Britney Spears te lyk

Kyk: AB de Villiers se vrou, Danielle, het ’n verborge talent en ons is gek daaroor!

Kyk net hoe oulik kap Kurt Darren se klein Kyrah dit uit!

Kyk net wat vang dié vrou met haar werkgewer se sap aan!