En die beste van alles? Sy het nogal ’n persoonlikheid ook.

#i asked an adapter and this lil creature brought it to me#cute#auratherobot#noraknyakampungan#msocialhotel#

A post shared by Yessynatalia (@yc_natalia) on

Aura is in Desember bekendgestel om te probeer vergoed vir die tekort aan werkers in Singapoer se hotelbedryf.

Die hotel sê op hul webtuiste Aura is ’n harde werker wat produktiwiteit aanwakker en “gaste se ervaring tot nuwe hoogstes voer”.

En dis blykbaar waar, want gaste mag Aura opdragte gee.

Sy is deur die robotvervaardiger Savioke ontwikkel en is die eerste robot buite Amerika wat tussen mense in bedrywige plekke werk.

Steve Cousins, hul hoof uitvoerende beampte, sê: “’n Mens plaas iets in Aura, sê waarheen sy moet gaan en dan lewer sy dit af voor sy terugkeer na haar koppelingstasie.

“Aura kan hysbakke bestuur en daarin ry, op haar eie by ’n gas se kamerdeur uitkom, hom/haar in kennis stel dat iets afgelewer word (die gas se foon lui) en dan die deksel (van die houer waarin die aflewering gebêre word) oplig vir die gaste wanneer hulle die deur oopmaak,” het hy gesê.

Dit lyk asof dit maar die begin is van robot in hotelle – en die gaste is duidelik ingenome met Aura se teenwoordigheid.

Bronne: M Social.com, travelwires.com, businesstraveller.com, incentivetravel