Die bekommerde hond probeer dan sy maat na veiligheid sleep; hy probeer hom eers aan die nek beetkry voor hy hom dan met sy pote trek.

Maar hy besef sy pogings is tevergeefs – dalk besef hy sy maat kan nie meer gered word nie – en lê dan ook in die middel van die pad. Serrano Madera, ’n taxibestuurder van Mexiko-stad, het die toneel op sy selfoon afgeneem. “Ek het twee honde in die pad gesien. ’n Motor het die tweede een getref.

'Die bestuurder het nie stilgehou nie.'

“Die bestuurder het nie stilgehou nie, maar ek het, want die eerste hond het voor my ingehardloop en het die een in die straat begin druk.

“Ek het nie onmiddellik weggery nie, want ek was onseker of die hond weer voor my sou inhardloop. Toe het die hond se pogings om sy vriend by te bring, my aangegryp,” het hy gesê.

Diereregtegroepe in Meksiko gebruik die video nou as bewys dat honde beter behandeling verdien.

Bronne: The Mirror, Daily Mail, YouTube