[caption id="attachment_124129" align="alignnone" width="638"]Die gelukkige paartjie. Foto: facebook.com/themardanpalace Die gelukkige paartjie. Foto: facebook.com/themardanpalace[/caption]

Kamal Gupta, seun van Ajay Gupta, se huweliksvieringe van 23 tot 26 April in die prentjiemooi Turkse toeristedistrik Antalya was gekenmerk deur groot fanfare.

Die bruid, Palak Jain, wat glo van Nieu-Delhi kom, is die dogter van Bhanu en Ajay Jain.

Die familie het g’n koste ontsien nie. Kamal en Palank het die ganse Mardan Palace-hotel vir die drie dag lange tradisionele Indiese troue bespreek.

Sowat 600 gaste, onder wie Suid-Afrikaners, het dit glo bygewoon en meer as 50 fotograwe was slaggereed.

[caption id="attachment_124133" align="alignnone" width="602"]Die trouring is met 'n valskerm ingebring. Foto: facebook.com/themardanpalace/ Die trouring is met 'n valskerm ingebring. Foto: facebook.com/themardanpalace/[/caption]

Asof skouspelagtige vuurwerk en dansvertonings nie genoeg was nie, is die trouring luidens berigte met ’n valskerm na die paartjie gebring.

’n Oordaad hulp is ook vir die geleentheid ingeroep – onder wie strykers, kleremakers, tatoeëerkunstenaars en spesiale butlers.

Sowat 385 mense is na bewering tydens die troue in diens geneem. Die totale koste vir die geleentheid het volgens die Turkse nuuswebtuiste hurriyetdailynews.com meer as R165 miljoen beloop. (Ons wonder wat was die bruidskat?)

Die hotel se swembad, die grootste van sy soort in Europa, is omskep in ’n verhoog waar Bollywood-bekendes vir vermaak gesorg het.

[post-slider]

Op die hotel se Facebook-blad staan daar dat daar tot 150 sjefs saamgespan het om tradisionele geregte voor te berei. 71 vraghouers blomme is glo vir die geleentheid van Londen ingevoer.

[caption id="attachment_124134" align="alignnone" width="602"]Foto: facebook.com/themardanpalace Foto: facebook.com/themardanpalace[/caption]

Wie sal nie so ’n opskop wou bywoon nie?

Bronne: newztrack.com; hurriyetdailynews.com; mg.co.za; dailysabah.com

Ander stories op Huigenoot.com

Kyk hoe gelukkig is Dozi se eks deesdae!

Kyk: Pierre Greeff en Loki Rothman voer jou mee in roerende duet saam

Kyk: So het die sterre by die Ghoema-prysaand geglinster

‘Dokters was oortuig sy gaan nie oorleef nie,’ vertel ma van vroeggebore baba wat vandag floreer

The Voice SA-afrigter verstom in openhartige onderhoud oor die nadele van roem