Tot jy besef jou oë bedrieg jou nie. Dit is nie een slang nie, maar twee wat die makabere kronkelende dans uitvoer. Met tye is die lang lywe soos ’n vlegsel styf ineengestrengel; ander kere lyk dit asof daar ’n onsigbare wind is wat die twee verwoed en onsamehangend heen en weer laat steier.

Dit is egter nie ’n passievolle dans van liefde nie.

Volgens National Geographic vertel dié seldsame beeldmateriaal ’n verhaal van die mannetjieslange se stryd om oorheersing in paartyd. Soos duidelik in die video gesien kan word, wil nie een van die twee bes gee nie.

Volgens Kenneth Krysko van die Florida-natuurhistoriese museum, word dié aanskoulike spektakel ook die “gevlegte stryd” genoem.

Kyk: Dodelike bruinslang kom sy moses teë . . . en dit teen ’n spinnekop!

Hy sê die strydende slange sal mekaar soms byt, maar selde die gif vrystel wat tot die teenstander se dood kan lei. Dit blyk asof die grootste gedeelte van die stryd die hipnotiese vlegselgeveg is waartydens die twee mekaar “rondstamp”.

Hoekom word hulle swartmambas genoem as hulle eintlik meer bruinerig, en in gevalle grys en selfs olyfkleurig is? Wanneer mambas bedreig voel, sal hulle hul bekke as ’n waarskuwing oopsper. En dis die blouswart binnekant van hul bek wat tot die naam aanleiding gegee het.

Lees ook: Man steek petrolpomp aan die brand toe hy van spinnekop wou ontslae raak

Jy wil dit nie regtig eerstehands ondersoek nie. Behalwe dat die swartmamba die kroon dra as een van die dodelikste slange ter wêreld, is hulle ook uiters giftig en vinnig. En as daar gepik word, word dit behoorlik gedoen. Vergeet van een keer se pik en wegkom. Mamba se kind gaan jou ’n paar keer pik en boonop elke keer ’n goeie kwota gif toedien.

Bronne: nationalgeographic.com, livescience.com, snaketype.com

Lees ook op Huisgenoot.com:

Marco Spaumer verklap wat deur Tim se kop gegaan het tydens daai skokkende Suidooster-oomblik

Die folky Majozi eersdaags op die Liefde by die Dam-verhoog

Omgekrapte vrou vermorsel peperduur Jaguar met haar peperduur Range Rover

Kyk net wat gebeur as vier mans hoëhakskoene ’n dag lank dra!