Maar hoe gemaak met die "ander" kind in die huis, ’n wollerige vierpotige hartdief genaamd Trouble?

Sy mens-ouers het vir hom beslis die grootste van groot geskenke, letterlik en figuurlik, by die ander geskenke langs die versierde boom neergesit: sy gunsteling-mens!

Volgens die beskrywing by die bekoorlike video was Trouble oorstelp oor sy spesiale geskenk wat vir 'n verrassingsbesoek vir die feestyd huiswaarts gekeer het.

Daardie hondestertjie kan nie hard en vinnig genoeg geswaai word terwyl fyn tjankgeluidjies van opgewondenheid gehoor kan word nie.

Gee jy ook vir jou troeteldiere ’n geskenk oor die feestyd of met ’n verjaardag? Vertel gerus vir ons op ons Facebookblad. En deel gerus ’n foto as daar een byderhand is.