Swaar reën het die afgelope week oor dele van Suid-Afrika uitgesak. Riviere was plek-plek so vol dat massas water oorgeloop het. Maar baie boere is dankbaar vir die reën ná ’n lang droogte.

Ons het in die sosiale media gaan soek na foto’s van boere se papnat plase.

Op party plekke het egter dit so baie gereën dat strate oorstroom het. Dele van Wolmaransstad in Noordwes was ná die baie reën onder water.

Stuur gerus jou reënfoto’s na web@huisgenoot.com. Vertel ons waar en hoeveel dit reën.