In die video vir Banana Brain, wat Woensdag bekendgestel is, verwys die voorsangers Ninja en Yo-Landi VI$$er meer as een keer na die veroordeelde atleet Oscar Pistorius, wat op die oomblik tronkstraf uitdien vir die skietdood van sy meisie, die model Reeva Steenkamp.

Yo-Landi dra ’n blonde pruik en Ninja, wat in die video kunsbene nes Oscar dra, skiet na ’n verkeerslig – glo ’n stekie na Oscar wat in 2012 deur die sondak van sy motor ’n skoot afgevuur het. Koerantopskrifte oor die hofsaak pryk boonop teen lamppale terwyl Ninja dit doen.

[caption id="attachment_135478" align="alignnone" width="601"]Skermgreep: YouTube, Die Antwoord Skermgreep: YouTube, Die Antwoord[/caption]

[caption id="attachment_135479" align="alignnone" width="600"]Skermpgreep, YouTube, Die Antwoord Skermpgreep, YouTube, Die Antwoord[/caption]

[caption id="attachment_135482" align="alignnone" width="600"]Skermgreep: YouTube, Die Antwoord Skermgreep: YouTube, Die Antwoord[/caption]

[caption id="attachment_135484" align="alignnone" width="600"]Skermgreep: YouTube, Die Antwoord Skermgreep: YouTube, Die Antwoord[/caption]

Later gooi Ninja Yo-Landi, wat net onderklere aanhet, op ’n bed en sing vir haar terwyl hy ’n speelgoedgeweer rondswaai en vlug Yo-Landi dan uit die vertrek na ’n badkamer en sluit die deur toe, terwyl hy dit probeer afbreek – steeds met die geweer in die hand.

[caption id="attachment_135485" align="alignnone" width="601"]Skermgreep: YouTube, Die Antwoord Skermgreep: YouTube, Die Antwoord[/caption]

[caption id="attachment_135486" align="alignnone" width="600"]Skermgreep: YouTube, Die Antwoord Skermgreep: YouTube, Die Antwoord[/caption]

’n Gillende Yo-Landi kyk in die spieël en nadat Ninja die deur afskop, dra hy haar en sit haar neer.

[caption id="attachment_135487" align="alignnone" width="600"]Skermgreep: YouTube, Die Antwoord Skermgreep: YouTube, Die Antwoord[/caption]

[caption id="attachment_135489" align="alignnone" width="600"]Skermgreep: YouTube, Die Antwoord Skermgreep: YouTube, Die Antwoord[/caption]

Kyk self die video en laat weet ons of jy dink Die Antwoord vat dit te ver?

Bron: YouTube