Die voormalige Binnelanders-akteur Ruan Wessels vertolk die hoofrol van Marko Marais.

Marko is nie net die gewildste ou in die Hoërskool Monument nie; hy is ook die krieketheld en boonop ’n hartebreker.

En vir Elani Dekker is dit haar hoofroldebuut: Sy speel die drama-bleeksiel Yvette.

Toe Yvette se dramaproduksie die sporthoof bedreig, kry sy ’n ander plan en roep Marko se hulp in.

jou romeo

Yvette en Marko verskil soos dag en nag, en ware liefde stuur op ’n botsing af in hierdie fliek oor romanse, Shakespeare, krieket, vriendskap en onvoorwaardelike aanvaarding.

Ander bekende gesigte in Jou Romeo sluit in Diaan Lawrenson en Dirk Stoltz.

Dis die perfekte somerfilm dié om jou in te verlekker!

Jou Romeo draai van 23 Desember 2016 af in fliekteaters landwyd.