Altesaam 31 aanlegpersoneellede en noodwerkers is in die ontploffing dood, maar die uitwerking van die bestraling is verreikend.

Dit het tot so ver soos Frankryk en Brittanje versprei.

Die presiese dodetal is nooit vasgestel nie, maar die kenners meen duisende mense is dood en tot 70 000 het ernstige bestralingsveriftiging opgedoen.

Duisende kinders wat bestraalde melk gedrink het, het skildklierkanker opgedoen. Minstens 15 van hulle is dood.

Dit was beslis nie die enigste voortydige kankersterftes weens die bestraling nie, maar die finale syfer word sterk betwis.

In 2005 het die Tsjernobil-forum voorspel die ongeluk sou tot 4 000 lewens eis.

Lees ook: En daar vertrek die sonaangedrewe Solar Impulse 2 vir ’n reis om die wêreld!

In nog ’n verslag van 2006 is geskat die verspreiding sou eindelik tot tussen 30 000 en 60 000 kankersterftes lei. Greenpeace meen die syfer is 93 000.

Ná die ontploffing van reaktor nommer vier het die Sowjetse owerhede inderhaas ’n betondop opgerig om die giftige puin binne te hou.

’n Uitsluitingsone van 30 km is om die aanleg geskep en sowat 220 000 mense is ontruim. Hulle kon nooit terugkeer huis toe nie.

Die stuk grond kan dalk tot 150 jaar onbewoonbaar wees.

#onthisday 30 years since the Chernobyl accident #chernobyl #prypiat #piano

A photo posted by Paal Audestad (@paalaudestad) on

Die katastrofe het die Sowjet-ekonomie amper verlam, het die voormalige Sowjet-leier Michail Gorbatsjof gesê.

Die Sowjet-unie het sowat 18 biljoen roebels bestee en eindelik 500 000 werkers betrek in hul desperate stryd om die besmetting in toom te hou.

Die regering het eers die res van die wêreld in die duister probeer hou oor die omvang van die ramp en net die dood van twee mense erken.

Die volle verhaal het eers jare later aan die lig gekom.

Lees ook: Onmin lei tot ’n brutale geveg met vurkhysers Die Tsjernobil-ramp word op die internasionale skaal van kernvoorvalle as ’n vlak-sewe-voorval geklassifiseer. Dit is die hoogste klassifikasie. Net een ander ramp word as ’n vlak-sewe-voorval beskou: die Foekoesjima-kernramp in 2011 in Japan.

Sedertdien het die vlakke van agtergrondbestraling in die omliggende gebied beduidend afgeneem, hoewel dit steeds op baie plekke gevaarlik hoog is.

As deel van die nuwe projek vir veiligheidsbeperking van R31,9 biljoen word die reaktor nou deur ’n reusestaalskuiling omhul. Dit vervang die verkrummelende betonsarkofaag wat ná die ongeluk opgerig is.

Die projek sal na verwagting volgende jaar voltooi word, maar volgens die Oekraïnse regering sal die plek eers teen sowat 2065 heeltemal opgeruim wees.

A photo posted by The Age (@theagephoto) on

Radioaktiewe partikels sal nog duisende jare in die omgewing bly.

A photo posted by Nicole Costa (@313niky) on

Bronne: MailOnline, The Telegraph, History.com

Ander stories op Huisgenoot.com:

Pierre Greeff en Loki Rothman voer jou mee in roerende duet saam

Kyk hoe gelukkig is Dozi se eks deesdae!

Kurator van Huisgenoot-uitstalling met Kanna vereer in ons 100ste bestaansjaar

Kyk: Groot opwinding in dié geliefde Pasella-aanbieder se huishouding

Hierdie wakkerweeswenke kan keer dat JY gekaap word