Leon Fourie, woordvoerder van Life Response 24/7, sê mediese werkers en brandweerdienste van die eThekwini-metro het hulle daarheen gehaas.

“Die 12de verdieping moes ontruim word nadat ’n brand in een van die kamers uitgebreek het. Dit blyk ’n pasiënt in die kamer het moontlik ’n bedlaken aan die brand gesteek, wat die brand veroorsaak het,” het hy gesê.

“Die brand is tot ’n enkele kamer beperk en is geblus.

“Die verdieping is ontruim en die brandweer laat nou die gebied ventileer om van die rook ontslae te raak,” sê Leon.

Bron: News24